# Die DA in Mpumalanga sê uitgerekte vertragings om ‘n operateur te vind vir die historiese Royal Hotel in Pelgrimsrus benadeel toerisme en die plaaslike ekonomie. Die party beweer die 131 jaar oue hotel is jare lank reeds gesluit weens mislukte huurooreenkomste en herhaalde tenderterugslae. Teboho Sekaledi van die DA sê die sluiting is veral kommerwekkend aangesien Pelgrimsrus ‘n belangrike toeriste- en erfenisbestemming is met ‘n tekort aan verblyf en hoë werkloosheid in die provinsie.
DA kritiseer Mpumalanga-regering oor vertragings by historiese Royal Hotel