# Die DA in Gauteng sê stukkende luggehaltestelsels aan die Wes-Rand is ‘n gesondheidsgevaar. Die DA-lid, Jade Miller, sê moniteringspunte in Rand-Wes en Mogale City is vervalle en daar is nie een in Merafong nie. Miller sê geen data van 2025 is ingesamel nie, en 2024 se data is onbruikbaar. Sy eis antwoorde by die LUR vir Omgewingsake, Shyla Peters, en oefen druk uit vir ‘n mobiele eenheid en dringende ingryping om monitering te herstel en openbare gesondheid te beskerm.
DA kritiseer ineenstorting van luggehalte-monitering aan Wes-Rand