# Die DA sê die besluit van die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om voedselbankbedrywighede te sentraliseer, het voedselonsekerheid vererger en duisende mense ly nou honger. Die DA-lid, Refiloe Nt’sekhe, sê desentralisering was beter met 288 organisasies sonder winsoogmerk en vyf streeksbanke. Nt’sekhe is bekommerd omdat ‘n kwartaallikse verslag getoon het slegs 34-duisend-114 pakkies is afgelewer teenoor ‘n teiken van 53-duisend-25. Sy sê die departement se mislukkings is ‘n bewys van swak beplanning en swak finansiële beheermaatreëls:
DA kritiseer Gautengse gesentraliseerde voedselbank oor meer mense wat honger ly [KLANK]
ENG-Nt’sekheOnFood