# Die DA in Gauteng het die besluit van die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Faith Mazibuko, om voedselbanke te sentraliseer, veroordeel en sê dit het daartoe gelei het dat kinders ly en aan wanvoeding sterf. Die DA se woordvoerder vir Maatskaplike Ontwikkeling in Gauteng, Refiloe Nt’sekhe, sê byna tweeduisend-900 hospitaalgevalle en meer as vyfduisend-600 kliniekgevalle van kinderwanvoeding is verlede jaar aangeteken. Nt’sekhe beskuldig Mazibuko dat sy toelaat dat kos vrot terwyl kinders verhonger. Sy vra vir gedesentraliseerde verspreiding deur organisasies sonder winsbejag:
DA kritiseer Gauteng LUR oor voedselbank-sentralisering te midde van kinderwanvoedingskrisis [KLANK]
ENG-Nt’sekheOnFood