# Die DA in die Wes-Kaap het sy kommer uitgespreek oor die polisie se stadige reaksie om die name bekend te maak van die vier aangehoudenes wat Maandag by die Wynberg Landdroshof ontsnap het. Ses aangehoudenes wat op aanklagte van onder meer onwettige wapenbesit en huisbraak moes verskyn, het by die hof uit polisiebewaking ontsnap. Twee is weer in hegtenis geneem en vier is nog op vrye voet. Nicholas Gotsell van die DA sê die vertraging dui op swak kommunikasie, maar dis ook ‘n ernstige veiligheidsmislukking wat gemeenskappe in gevaar stel:
DA in Wes-Kaap kritiseer polisie oor laat bekendmaking van ontsnapte beskuldigdes se name [KLANK]
ENG GotsellOnEscapees