# Die DA in Tshwane sê hy verwerp die goedgekeurde 2024/2025-aanpassingsbegroting omdat die ANC-koalisie wil hê inwoners moet meer betaal vir watertenkwaens en sekerheidsmaatskappye. Die begroting van 50,6-miljard-rand is deur 116 raadslede goedgekeur en 88 was daarteen. Die DA se koukusleier en voormalige burgemeester, Cilliers Brink, sê Tshwane is tans 334-miljoen-rand agter op die metro se begrotingsbefondsingsplan wat die burgemeester volgens hom blykbaar laat vaar het:
DA in Tshwane sê goedgekeurde aanpassingsbegroting sal kontantvloei met R200-miljoen verminder [KLANK]
ENG BrinkOnBudget