# Die DA sê Tshwane het 130-miljoen-rand in inkomste uit elektrisiteit in April verloor as gevolg van langdurige onderbrekings wat vererger is deur ’n beleid wat noodherstelwerk buite gewone ure verbied. Die DA se woordvoerder vir Finansies, Jacqui Uys, gee swak vakmanskap en die besluite van die ANC-geleide koalisie die skuld vir toenemende kragonderbrekings in die ooste van Pretoria. Sy dring aan op beter oortydbestuur gedurende noodgevalle ná beplande onderhoud: