# Die DA in die Noord-Kaap eis ‘n verduideliking van die provinsiale Departement van Onderwys oor die klaarblyklike wanbetaling van beloofde noodfinansiering vir die Gekombineerde Skool Daniëlskuil. Die DA-lid, Priscilla Isaacs, sê daar was in Januarie 2021 hewige vloede. Die skool is in die 1980’s in ‘n holte gebou wat die perseel vatbaar maak vir seisoenale vloede. Sy sê daar is meer as 500-duisend-rand bewillig om vloedskade te herstel:
DA in Noord-Kaap bevraagteken verdwyning van vloedskadefondse vir skool in Daniëlskuil [KLANK]
AFR PriscillaonSchool