# Die DA in Gauteng sê die ses week lange vertraging met die opening van volgende jaar se aanlyn-skooltoelatingstelsel sal onderrig ontwrig en veroorsaak dat baie leerders nie betyds geplaas word nie. Die party waarsku duisende Graad een- en graad agt-leerders is in vorige jare benadeel deur laat plasings en swak beplanning. Sergio Isa Dos Santos van die party het ‘n beroep gedoen op die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, om te verseker dat aansoeke elke jaar teen April oopgestel word en voor September sluit: