# Die DA in Gauteng beweer daar is slegs 751 intensiewe sorgeenheid-verpleegkundiges in die provinsie – minder as die helfte van die een-duisend-760 wat benodig word – en dit stel pasiënte se lewens in gevaar. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het die syfers in die provinsiale wetgewer bekend gemaak. Die DA se provinsiale woordvoerder oor Gesondheid, Jack Bloom, beklemtoon dit lei tot stygende pasiënte-sterftes, langer hospitaalverblyf en afgestelde operasies. Hy skryf dit toe aan begrotingsbeperkings en personeeltekorte.
DA in Gauteng waarsku ‘n tekort aan intensiewe sorg-verpleegkundiges stel lewens in gevaar