# Die DA in Gauteng sê die Gesondheidsdepartement het duisende sakeondernemings in gevaar gestel deur sy onvermoë om fakture van meer as 5,1-miljard-rand binne die vasgestelde 30 dae te betaal. Die departement het in die eerste kwartaal van die 2025/2026-boekjaar 1,621-miljard-rand binne die vasgestelde 30 dae betaal en 2,447-miljard-rand ná 30 dae. Madeleine Hicklin van die DA sê 2,663-miljard-rand was vir ʼn tydperk van meer as 30 dae steeds nie betaal nie: