# Die DA in Gauteng sê die Malvern-kliniek in die ooste van Johannesburg benodig dringend herstelwerk en ‘n langtermyn-oplossing. Die party sê watertekorte het die kliniek gedwing om vroeg te sluit, en nietige opgraderings wat die Gautengse Departement van Gesondheid beloof het, is nie voldoende nie. Hy vra dat die kliniek na ‘n groter perseel verskuif. Die DA-lid, Jack Bloom, sê die party beplan om ander klinieke met soortgelyke probleme te beoordeel om te verseker pasiënte het toegang tot behoorlike gesondheidsorg.
DA in Gauteng sê Malvern-kliniek benodig hervestiging, nie nietige opgraderings nie