# Die DA in Gauteng sê inwoners in woonbuurte in die ooste van Johannesburg het sedert Januarie verlede jaar 144 kragonderbrekings beleef weens probleme by die Observatory- en Bellevue-substasies. Sowat 100-duisend mense is in Observatory, Yeoville, Bellevue, Cyrildene, Bruma, Dewetshof, Bez Valley, Kensington, Malvern en omliggende gebiede geraak. Jack Bloom van die DA sê volgens die LUR vir Samewerkende Regering, Jacob Mamabolo, bly die elektrisiteitsvoorsiening onbestendig ten spyte van gedeeltelike opknappings by albei substasies:
DA in Gauteng sê inwoners in Oos-Johannesburg het meer as 100 kragonderbrekings beleef [KLANK]
ENG JackonPowerOutages