# Die DA in Gauteng sê organisasies sonder winsbejag verkeer onder groot druk weens voortslepende vertragings en onsekerheid oor die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se befondsingsproses. Dis reeds tien dae sedert die begin van die nuwe boekjaar, maar organisasies het nog nie hul subsidies ontvang nie. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê baie van hulle het nog geen inligting ontvang oor hul befondsings-aansoeke nie, en ook nie hul diensvlak-ooreenkomste onderteken nie:
DA in Gauteng is bekommerd oor vertraging met befondsing van organisasies sonder winsbejag [KLANK]
ENG RefiloeONNPO