Die DA in Emfuleni eis ‘n omvattende ondersoek na die dood van ‘n inwoner, Dimakatso Mofokeng. Danny Mollo van die DA sê Mofokeng moes skynbaar tot haar afsterwe voortdurend rou riool in haar huis verduur. Mollo sê sy is na bewering ook deur munisipale werkers afgepers wat omkoopgeld geëis het om ‘n oplossing vir haar rioolprobleem te vind. Hy sê daar moet dringend bepaal word of, en in watter mate die riool in Mofokeng se erf en huis veroorsaak het dat haar gesondheid agteruitgaan:
DA in Gauteng eis ondersoek na dood van vrou tussen rou riool [KLANK]
ENG DadyonInvestigation