# Die DA in Gauteng sê hulle het skriftelike vrae aan die premier Panyaza Lesufi voorgelê na hulle verneem het dat nie een enkele broodvoorsieningskontrak nog op tender uitgeplaas is nie. Dorianne Arendse van die party, sê Lesufi het tydens sy provinsiale rede vroeër vanjaar belowe dat bakkerye brood aan regeringsdepartemente sou lewer. Sy sê die kontrakte was bedoel om Gauteng se 21 provinsie-gesteunde bakkerye ‘n kans op regeringskontrakte te gee, wat ‘n ekonomiese geleentheid vir hulle is:
DA in Gauteng eis antwoorde oor bakkery-skema [KLANK]
ENG DorianneonBakery