# Die DA in Gauteng het premier Panyaza Lesufi en sy ANC-bondgenote daarvan beskuldig dat hulle die verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid oor die Tembisa-hospitaal vir goedkoop politieke gewin uitbuit. Die SOE-ondersoek het drie gekoördineerde sindikate ontbloot wat verantwoordelik is vir die plundering van meer as twee-miljard-rand wat vir gesondheidsorg bedoel was. Die DA se provinsiale leier, Solly Msimanga, sê Lesufi se regering se reaksie op die verdoemende bevindinge was om ‘n gebedsdiens aan te bied. Hy sê die hospitaal is waar die ANC se eie kaders gehelp het om te plunder, te steel, en waar fluitjieblasers geteiken en vermoor is.
DA in Gauteng beskuldig Lesufi van uitbuiting van SOE se verslag oor die Tembisa-hospitaal vir politieke gewin