Skip to content

DA in Gauteng bekommerd oor groot styging in hospitale se sekerheidskoste

# Die DA in Gauteng sê die sekerheidskoste vanprovinsiale hospitale het verdubbel, maar pasiënte gaan gebuk onder personeeltekorte omdat poste gevries is. Volgens ʼn amptelike antwoord op die DA se vrae in die wetgewer, word 72-miljoen-rand per jaar net by die Charlotte Maxeke Johannesburgse Hospitaal aan sekerheidsmaatreëls bestee. Jack Bloom van die DA sê die Gesondheidsdepartement beweer wel die regte prosedures is gevolg met die aanstelling van sekerheidsmaatskappye, maar erken ook vorige kontrakte is onregmatig toegeken.

ENG JACKonHugeRise