# Die DA in Gauteng is bekommerd dat die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg steeds nie ten volle voldoen aan brandvoorkomingsmaatreëls nie. ‘n Brand het gistermiddag in saal 196 op die negende vloer uitgebreek, maar geen sterftes of beserings is aangemeld nie. Die brand is na wat berig word deur ‘n ontevrede pasiënt begin wat ‘n bed in ‘n vertrek aan die brand gesteek het. Jack Bloom van die DA sê hulle sal voortgaan om aan te dring op voldoende brandvoorkoming en -bestryding in all openbare hospitale:
DA in Gauteng bekommerd oor die Charlotte Maxeke-hospitaal se brandbestrydingsmaatreëls [KLANK]
ENG BloomOnHospitalCompliance