# Die DA in die Wes-Kaap het die indiening van die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se jaarverslag vir die 2024/25-boekjaar verwelkom. Die verslag beklemtoon noodsaaklike beleggings in kinderwelsyn, ondersteuning vir geslagsgeweld en gemeenskapsontwikkeling. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê hulle is veral bemoedig deur die departement se pogings om kinderwelsyn voorop te stel, met 12-duisend-398 kinders wat noodsaaklike ondersteuning deur ontwikkelingsprogramme ontvang, insluitend kinders met gestremdhede:
DA in die Wes-Kaap loof Maatskaplike Ontwikkeling se inisiatiewe vir kwesbare gemeenskappe [KLANK]
AFR PhilandeOnDSD