Skip to content

DA in die Oos-Kaap sê die leedervervoerprogram is op die rand van ineenstorting

# Die DA in die Oos-Kaap sê hy het deurgaans gewaarsku dat die provinsiale leerdervervoerprogram op die rand van mislukking is. Duisende leerders wat op die vervoer staatmaak, het gister die eerste dag van die laaste kwartaal misgeloop nadat taxi-operateurs die diens onttrek het omdat die provinsiale regering hulle steeds geld skuld. Horatio Hendricks van die DA sê die Departement van Vervoer se onvermoë om operateurs te betaal, te verseker dat voertuie padwaardig is en leerder-bevestigingsprosesse te bestuur, het ‘n heeltemal voorkombare krisis veroorsaak.