# Die leier van die DA, John Steenhuisen, het president Cyril Ramaphosa 48 uur gegee om ANC ministers en adjunkministers wat by staatskaping-korrupsie betrek is, af te dank. Die volg na die skielike afdanking van die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield. Steenhuisen sê Whitfield is die onregverdig laat gaan oor ‘n geringe reiskwessie, al het hy die voorgeskrewe stappe gevolg. Die DA se nasionale woordvoerder Willie Aucamp beskuldig Ramaphosa dat hy die DA teiken terwyl die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane wat met die VBS-plundering verbind word, steeds in die Kabinet is:
DA gee Ramaphosa ’n 48-uur-ultimatum oor afdanking van Whitfield [KLANK]
ENG AucampOn48hours