# Die DA in Gauteng wil dringend met die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, skakel om sekere wetstoepassings-magte na provinsies af te wentel vir ‘n doeltreffender misdaadvoorkomingstrategie. Woordvoerder Crezane Bosch sê die jongste misdaadstatistieke vir die vierde kwartaal wat die polisie vrygestel het, toon dat 54,8-persent van alle ontvoeringsake wat nasionaal aangeteken is, in Gauteng plaasgevind het. Sy sê dit maak dit die provinsie die grootste probleemgebied in die land:
DA Gauteng gaan dringend met Cachalia praat om sekere magte na provinsiale vlak oor te dra [KLANK]
AFR BoschONDevolve