Skip to content

DA eis vrystelling van Moorhouse-verslag te midde van gespanne SANW-skandaal [KLANK]

# Die DA eis die dringende bekendmaking van die Moorhouse-verslag nadat 12 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gearresteer is in verband met die sluipmoord op ‘n offisier van die Valke, Frans Mathipa, in 2023. Chris Hattingh van die DA sê die verslag ontbloot na bewering geheime militêre netwerke wat betrokke is by marteling, smokkelary en politieke moorde. Hy eis volle deursigtigheid, vervolging en ‘n plan om onwettige SANW-operasies uit te roei, wat nasionale veiligheid en die oppergesag van die reg bedreig:

AFR HattinghOnReport