# Die DA eis dat die Ouditeur-generaal se verslag oor die mislukte rybewyskaart-tender onmiddelik beskikbaar gestel moet word. Dit volg terwyl Suid-Afrika se enigste kaart-drukker aanhoudend breek, en ‘n agterstand van meer as 730-duisend kaarte veroorsaak het. Chris Hunsinger van die DA sê die koste vir nuwe slimkaarttoerusting het vanaf 486-miljoen-rand tot 898-miljoen-rand gestyg in ‘n ooreenkoms wat as onreëlmatig uitgewys is. Hunsinger beskuldig die regering dat hy agter stukkende masjiene en gebroke beloftes skuil.
DA eis volledige verslag van Ouditeur-generaal oor rybewyskaart-tenderskandaal