Skip to content

DA eis Veiligheidsgroep-aksieplan om mafia-staat te beëindig

# Die DA het sy oproep herhaal dat die Veiligheidsgroep teen 31 Oktober ‘n gesamentlike aksieplan moet indien om die ineenstorting van Suid-Afrika se strafregstelsel aan te spreek. DA-woordvoerder vir Justisie, Glynnis Breytenbach, sê korrupsie en ondoeltreffendheid het misdadigers toegelaat om straffeloos op te tree, wat groei en werkgeleenthede verlam. Sy sê die ministers van Justisie, Polisie, Korrektiewe Dienste en Staatsveiligheid moet beslissend optree om wet, orde en openbare veiligheid te herstel.