# Die DA sê die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, se onregmatige aankondiging van die drastiese vermindering van befondsing vir Kwintiel 5-skole in 2026, ná die sperdatum op 30 September 2025, skep finansiële onsekerheid vir beide ouers en skole. Sergio Dos Santos sê die DA veroordeel die vermindering van 879-rand tot 301-rand per leerder, met verwysing na moontlike skoolgeldverhogings en begrotingsontwrigtings. Hy sê die DA oorweeg regstappe om die besluit om te keer:
DA eis ommekeer van drastiese vermindering van skoolbefondsing [KLANK]
ENG DosSantosOnFundingCuts