# Die DA het aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, geskryf en geëis dat die komende misdaadstatistieke akkurate, uiteengesette data oor misdade teen vroue en kinders bevat. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa ‘n plan aangekondig het om geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, insluitend ‘n befondsde plan om forensiese agterstande in te haal en hulpbronne te identifiseer. Lisa Schickerling van die DA sê die regering kan nie hulpbronne behoorlik toewys om hierdie euwel te bekamp nie, wanneer die misdaadstatistieke waarop enige strategie gebou moet word, wesenlik foutief is:
DA eis gedetailleerde statistiek oor misdade teen vroue en kinders [KLANK]
AFR SchickerlingOnGBVFStats