# Die DA eis ‘n dringende forensiese ondersoek na die Alexandra K206-behuisingsprojek as gevolg van korrupsie, swak administrasie en onwettige besettings. Die DA se woordvoerder vir Menslike Nedersettings in Gauteng, Mervyn Cirota, sê die projek van ses-duisend-eenheide het sy beoogde begunstigdes in die steek gelaat, weens vertragings met titelaktes en die kaping van eenhede. Hy beweer inwoners het hulle tot die Behuisingstribunaal en Openbare Beskermer gewend, maar sonder enige sukses. Die DA eis ‘n volledige oudit van toekennings, eienaarskap en titelaktes, en plaas druk op owerhede om aanspreeklikheid te aanvaar.
DA eis dringende oudit na Alexandra K206-behuisingskrisis