Skip to content

DA eis dringende optrede met Malvern-kliniek wat 6 weke sonder water is [KLANK]

# Die DA in Gauteng sê die Malvern-kliniek in die ooste van Johannesburg sukkel al ses weke sonder lopende water en dit hou ‘n ernstige gesondheidsgevaar in. Die DA-lid, Jack Bloom, het in ‘n skrywe aan die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, dringende ingryping versoek. Bloom beskryf die kliniek as oorvol, onhigiënies en onveilig, omdat pasiënte aangesê word om gebruik te maak van toilette by nabygeleë restaurante. Hy eis onmiddellike infrastruktuur-opgraderings en langtermyn waterveerkragtigheid in alle klinieke:

ENG-BloomOnClinic