# Die DA dring aan op dringende hervorming na onthullings oor die operasionele krisis in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Chris Hattingh van die DA sê vlootvoertuie lê in die dokke, Lugmagvliegtuie mag nie vlieg nie, en kusbewaking is op die rand van ineenstorting. Hattingh waarsku hierdie krisis is die gevolg van jare se verwaarlosing en swak leierskap. Hy sê Suid-Afrika se verdedigingskundigheid gaan vinnig agteruit, wat die nasie blootstel en kwesbaar laat. Hy vra vir oudits, onmiddelike belegging, en politieke aanspreeklikheid.
DA eis dringende hervorming terwyl SANW ineenstort