Skip to content

DA eis antwoorde oor skorsing van Gauteng Gesondheidshoof

# Die DA in Gauteng eis dat premier Panyaza Lesufi die redes vir die skorsing van die hoof van die Gautengse Gesondheidsdepartement, Lesiba Malotana, bekendmaak. Die DA-gesondheidswoordvoerder Jack Bloom sê die publiek verdien om te weet of die optrede verband hou met bewerings van korrupsie. Bloom vermoed Malotana het ‘n leefstyloudit gedruip en dring aan dat al sy besluite as hoof van die departement hersien word. Hy waarsku dat tugprosesse nie moet sloer terwyl Malotana ten volle betaal word nie.