# Die DA in Gauteng sê die gemengde boodskappe van premier Panyaza Lesufi en die LUR vir Menslike Nedersettings, Tasneem Motara, oor die opgradering van plakkerskampe verwar inwoners. Lesufi het erken daar is ʼn skerp toename in plakkerskampe in die provinsie. Intussen spog Motara oor die suksesvolle opgradering van nege plakkerskampe deur die program vir opgradering van informele nedersettings. Mervyn Cirota van die DA sê ʼn lewensvatbare oplossing vir die provinsie se ernstige behuisingskrisis is dringend nodig: