# Die koukusleier van die DA in Tshwane, Cilliers Brink het burgemeester Nasiphi Moya aangemoedig om haar stilte te breek oor die ANC se pogings om die stadsbestuurder Johann Mettler te vervang. Brink beweer die ANC wil Mettler met ‘n ontplooide kader vervang nadat hy geweier het om ‘n saak oor onreëlmatige tenders aan ANC-befondser Edwin Sodi te laat vaar. Brink sê die ANC se plan ondermyn goeie regering en hy veroordeel die betrokkenheid van polities-gekoppelde vakbonde:
DA dring daarop aan dat burgemeester Moya ANC-poging om Tshwane-stadsbestuurder te vervang, moet aanspreek [KLANK]
AFR-BrinkOnMettler