Skip to content

DA dring aan Lesufi moet permanente departementshoofde aanstel vir bestendigheid en dienslewering

# Die DA sê Gauteng staar ‘n ernstige diensleweringkrisis in die gesig en het ‘n dringende behoefte aan permanente departementshoofde met volle gesag, langtermynstrategie en besluitnemingskapasiteit om voldoende dienste aan die inwoners te lewer. Solly Msimanga van die DA sê die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het gewag totdat kontrakte verstryk het en toe waarnemende hoofde aangestel, in plaas van om die poste betyds te adverteer. Msimanga sê die meeste van hulle word deur politieke voorkeure beïnvloed, wat ‘n negatiewe impak sal hê op die departement se vermoë om dienste aan die inwoners te lewer.