# Die DA het ‘n aansoek ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die Polisiediens en waarnemende minister Firoz Cachalia te dwing om die lank-uitstaande misdaadstatistiek vir die kwartaal tussen Januarie en Maart vry te stel. Die DA se woordvoerder oor Polisie, Lisa Schickerling, sê ondanks herhaalde versoeke en beloftes is die inligting steeds nie beskikbaar nie. Sy waarsku die verdoeseling van misdaadsyfers ondermyn deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare vertroue in wetstoepassing:
DA doen regstappe om vrystelling van misdaadstatistieke af te dwing [KLANK]
AFR-SchickerlingOnStats
