# Die DA sê duisende leerders in Gauteng ly honger nadat diensverskaffers vir die nasionale skoolvoedingsprogram nie betaal is nie. Die party voer aan die probleem raak nege skole in Tembisa en Ivory Park, en dring daarop aan dat die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, dringend uitstaande fakture moet vereffen. Sergio Isa Dos Santos van die DA eis ook ‘n onafhanklike forensiese ondersoek na hoe die program bestuur word, met verwysing na wanbestuur en op-die-nippertjie veranderinge wat maaltydaflewerings ontwrig:
DA doen beroep op Gauteng Onderwysdepartement om diensverskaffers te betaal omdat leerders maaltye mis [KLANK]
ENG SergioOnNutrition