# Die DA het hofstukke by die Hooggeregshof in die Wes-Kaap ingedien om die aanstelling en 70-persent salarisverhoging van die Parlement se sekretaris, Xolile George, te betwis. Die party beweer die Parlement is mislei toe sy aanstelling goedgekeur is, aangesien die salarisverhoging van drie-miljoen-rand tot vier-miljoen-rand onwettig en onreëlmatig was. George Michalakis van die DA sê George was nie onder die 81 aansoekers wat vir die pos teen die oorspronklike, laer salariskoers oorweeg is nie:
DA daag parlementsekretaris Xolile George voor hof oor salarisverhoging [KLANK]
ENG MichalakisOnParliament