# Die DA het die Parlement se gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging beskuldig dat hulle die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, teen verantwoordbaarheid beskerm. Nicholas Gotsell van die party sê die minister was nog nie by die Parlement om rekenskap te gee van die ontplooiingsramp in die Demokratiese Republiek die Kongo nie, en die vermiste 813-miljoen-rand waarvan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag nie rekenskap kan gee nie. Gotsell sê die blatante gebrek aan oorsig ondermyn deursigtigheid en aanspreeklikheid:
DA beskuldig parlementêre komitee dat hy minister Motshekga teen verantwoordbaarheid beskerm [KLANK]
AFR GotsellOnMotshekga