# Die DA sê die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het 12-miljard-rand aan die munisipale vakbond Samwu toegestaan terwyl hy die stad se verbrokkelende waterinfrastruktuur verwaarloos. Volgens die party, was daar ‘n ooreenkoms wat intussen uitgelek het, om te verseker dat Samwu nie G20-geleenthede ontwrig nie, terwyl inwoners met wateronderbrekings en betogings sukkel terwyl die sink van boorgate met 80-persent toegeneem het. Belinda Kayser-Echeozonjoku van die DA doen ‘n beroep op Morero om fondse na Johannesburg Water te herlei en die herstel van die waterstelsel te prioritiseer: