# Die DA sê die minister van Vervoer, Barbara Creecy, moet ophou om Transnet se monopolie op die bedryf van die spoornetwerk te beskerm. Dit volg na die minister spoortoegang aan elf nuwe bedryfsmaatskappye op 41 roetes en ses korridors toegeken het. Chris Hunsinger van die DA sê die minister moes eerder aangekondig het dat Transnet die bedryf van die spoortnetwerk aan privaat spoorvrag ondernemings toegeken het. Hy sê dit sal privaat sektor beleggings toelaat, en die mededingende bedryf van die netwerk en Transnet se korrupsie en wanbestuur uitskakel:
DA bekommerd oor Transnet se monopolie [KLANK]
AFR HunsingerOnTransnet