# Die DA het die moord op een van sy aktiviste, Michael Muthiya, bevestig ure nadat hy deelgeneem het aan ‘n teen-misdaadbetoging buite die kantoor van die Gautengse premier, Panyaza Lesufi. Wendy Alexander van die DA sê Muthiya is deur misdadigers aangeval en vermoor toe hy die aand tuis gekom het. Die party sê sy dood beklemtoon Gauteng se toenemende misdaadkrisis en hy beloof om sy stryd vir veiliger gemeenskappe te verskerp. Sy doen ‘n beroep op die polisie om die moordenaars spoedig vas te trek.
DA-aktivis vermoor na teen-misdaad betoging