# Dis vandag D-dag vir ANC-lede wat ook lede van die SAKP is. Hulle moet vandag aan die party se sekretariaat sê of hulle in die munisipale verkiesing vir die ANC of SAKP gaan stemme werf. Dit volg na die SAKP se besluit om onafhanklik aan die verkiesing deel te neem. Die party het die ultimatum verlede maand verwerp en sê dis ʼn poging om lede te intimideer en die alliansie te ondermyn. Hy het sy lede aangeraai om die opdrag te ignoreer. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê lede wat nie die opdrag gehoorsaam nie, kan tugstappe verwag.
D-dag vir ANC-lede wat ook SAKP-lidmaatskap het