Skip to content

Krieket: SA of Indië sal die gesogte Vrouewêreldbeker die heel eerste keer omhoog hou

# Krieket: ‘n Nuwe eendag-vrouewêreldbeker kampioen word Sondag gekroon wanneer Suid-Afrika teen mede-gasvroue Indië in die eindstryd in Navi Mumbai te staan ​​kom. Dit is die Proteas se eerste verskyning in die eindstryd. Indië het voorheen in die eindstyd gespeel toe hulle in 2005 teen Australië en in 2017 teen Engeland as naaswenners geëindig het. Suid-Afrika het die eindstryd gehaal deur Engeland met 125 lopies in die halfrondte te klop, terwyl Indië gister die verdedigende kampioene Australië met vyf paaltjies geklop het.