# Die vakbondfederasie COSATU sê dringende, langtermyn-ingrypings is nodig om die pluimveeprodusent Daybreak Foods te red en werkers se poste te beskerm, ondanks vordering om die maatskappy te bestendig. Matthew Parks van die vakbondfederasie sê huidige werkers, asook afgedankte werkers, is gesamentlik 170-miljoen-rand aan onbetaalde lone en skeidingspakkette verskuldig. Parks dring daarop aan dat die geld ten volle betaal word, dat ‘n langtermynbelegger gevind word, en dat diegene wat by wangedrag by die maatskappy betrokke was, vervolg word.
COSATU verwelkom vordering by Daybreak Foods maar waarsku poste is in gevaar [KLANK]
ENG ParksOnDaybreakFoods