# Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering se besluit om 79 howe vir seksuele oortredings landwyd in te stel, is ‘n belangrike stap in die bekamping van geslagsgeweld en die verbetering van skuldigbevindingsyfers. Die organisasie sê die gespesialiseerde howe sal geregtigheid bied vir slagoffers, insluitend vroue, kinders en kwesbare groepe. Woordvoerder Matthew Parks vra die Nasionale Tesourie om te verseker dat die howe behoorlik befonds en toegerus is, met opgeleide personeel en veilige ruimtes om slagoffers teen intimidasie te beskerm:
Cosatu verwelkom regering se besluit om 79 howe vir seksuele oortredings in alle provinsies in te stel [SOUND]
ENG ParksOnCourts