# Die vakverbond Cosatu sê hy is geskok dat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling 1,4-miljoen-rand aan ʼn eksterne diensverskaffer betaal het om persverklarings te skryf en te redigeer. Die departement het Six Fingaz Media sedert Oktober verlede jaar sowat 82-duisend-rand per maand betaal. Tussen 2025 en Mei vanjaar het die departement boonop 670-duisend-rand betaal om die waarnemende hoof van Kommunikasie, Sandy Godlwana, in hotelle in Pretoria te huisves. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê dis verkwistende besteding:
Cosatu ontsteld oor verkwistende besteding by Maatskaplike Ontwikkeling [KLANK]
ENG SabelaONWastage