# Corruption Watch sê dis duidelik dat sindikate waarby amptenare en diensverskaffers betrek word, voortgaan met hul plundering sonder om enige gevolge te dra. Dit volg ná die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek by die Tembisa-hospitaal waar gekoördineerde sindikate ontdek is wat meer as twee-miljard-rand gesteel het. Corruption Watch sê die wanbestuur van hulpbronne het ʼn ernstige uitwerking op die welstand van alle inwoners en belemmer die lewering van noodsaaklike dienste. Hy voeg by swak bestuur ondermyn die doeltreffendheid van stelsels wat veronderstel is om korrupsie te voorkom.