# Corruption Watch sê dis teleurstellend dat dit president Cyril Ramaphosa so lank geneem het om ʼn regterlike ondersoekkommissie aan te stel om bewerings van misdadige infiltrering by wetstoepassingsagentskappe te ondersoek. Die kommissie sal die rol van huidige en gewese senior beamptes in sekere instellings ondersoek wat moontlik medepligtig was aan vermeende misdadige aktiwiteite. Corruption Watch sê die ondersoek moet duidelike sperdatums stel en daarby hou, en fluitjieblasers wat voor die kommissie verskyn, moet beskerm word.
Corruption Watch sê ondersoek na SAPD moes lankal plaasgevind het