# Die Congress of the People veroordeel die uitsetting van kwesbare kinders uit die Boikagong Kinder- en Jeugsentrum in Mahikeng, Noordwes. Volgens verslae woon daar nou senior ANC-amptenare en lede van die Department van Maatskaplike Ontwikkeling in die fasiliteit. COPE sê die sentrum, wat met openbare geld gekoop is, is bedoel vir wees- en mishandelde kinders. Die party het onderneem om hofingryping te versoek indien daar nie opgetree word nie.
COPE veroordeel die uitsetting van kwesbare kinders